Pynbeheer met hipnose

Ons is almal gebore met die moontlikheid om pyn te kan beheer

bell-o

Chroniese Pyn

Chroniese Pyn is pyn wat ses maande of langer duur. Dit hou aan selfs al is daar nie meer 'n gevaar nie en dit hou aan al het die bersering alreeds herstel. Dit is soos 'n waarskuwingsklok wat nooit ophou lui nie.

exclamation

Akute Pyn

Akute Pyn is 'n sensasie wat ons vir 'n kort rukkie ervaar, gewoonlik korter as ses maande en dit waarsku ons dat ons iets moet doen of moet ophou om iets te doen. As mens die waarskuwing ignoreer word die pyn erger.

heart-o

Emosionele Pyn

Meeste van die tyd is pyn wat veroorsaak word deur emosionele situasies en omstandighede erger en hou dit langer aan as pyn wat veroorsaak is deur 'n besering of siekte.

fire

Raaisel Pyn

Spookpyn en onverklaarbare pyn, is pyn wat ervaar word sonder dat daar enige mediese of emosionele rede gevind kan word. Die pyn is net so werklik en seer soos enige ander pyn. 


Waarom?

  • Waarom help dit wanneer 'n mamma 'n kleintjie se seerkry soen?
  • Baie keer wanneer 'n mens 'n geringe besering kry, soos bv wanneer 'n mens jouself met papier sny, kom mens dit nie eens agter nie, totdat 'n mens die sny gewaar en dan begin dit brand. Waarom is dit?
  • Waarom voel dit partykeer asof jou pyn begin verdwyn die oomblik as jy 'n afspraak by 'n dokter gemaak het?
  • Waarom, veral toe ons klein was, was die pyn erger wanneer daar bloed betrokke was?

Hipnose is die antwoord

  • Van kindsbeen af het ons die vaardigheid gehad om ons self te hipnotiseer (programmeer). Ons programmering was beïnvloed deur ons ouers en ander gesagsfigure. Wanneer mamma gesê het: "Kom hier laat ek dit beter soen." Het ons dit geglo en dit het gewerk.
  • Wanneer ons onself ligweg beseer en daar nie rêrig enige gevaar is nie, soos wanneer ons onsself met 'n papier sny, dan is daar nie rêrig nie enige nut vir pyn nie, maar sodra ons die sny sien glo ons (danksy ons programmering) dat dit moet seer wees en brand en daarom ervaar ons die pyn.
  • Pyn is 'n sein wat wil hê dat ons moet aksie neem. Sodra ons die afspraak by die dokter gemaak het, kan ons verstand die pyn minder maak want ons het reeds die nodige aksie geneem.
  • Die hoeveelheid pyn wat ons ervaar is direk eweredig aan wat ons geprogrammeer (hipnotiseer) is om te verwag.

Die goeie nuus is dat ons kan leer om onsself te de-hipnotiseer en nuwe programme te installeer.


Om uit te vind of hipnose jou kan help om jou pyn te beheer en verlig, skeduleer 'n gratis telefoonkonsultasie of vul die Meer Inligting vorm in indien jy eers meer wil leer.

Gratis Telefoonkonsultasie

Meer Inligting

Pyn woorde