Hipnose in Centurion

Hipnose is die instrument wat ek gebruik om my kliente te bemagtig,  sodat hul, hul realiteit kan verander en so die lewe meer kan geniet!

Hipnoterapie

Hipnoterapie

Hipnoterapie is die proses waar ons hipnose gebruik om by jou doelwitte uit te kom, deur te werk met jou verbeelding, emosies, gewoontes, gedrags-patrone en denkwyse.

Pynbeheer Hipnose

Pynbeheer

Pyn is 'n sein wat jou liggaam na jou verstand stuur. Jou verstand interpreteer die sein en stuur dan weer 'n sein terug na jou liggaam. In hipnose werk ons met die verstand en die boodskappe wat die verstand interpreteer.

Gewigsverlies Hipnose

Gewigsverlies

Die hipnotiese gewigsverlies program werk aan denkwyses, die verhouding met kos en oefening, die outomatise optredes en gewoontes, en die emosionele en onbewustelike redes waarom ons eet.

Hou Op Rook

Hou op Rook

Die Hou op Rook Program fokus op die drie hoofaspekte van rook. Die fisiese aspekte, met ander woorde die drange en ontrekkingsimptome. Die emosionele aspekte en dan die outomatiese of gewoonte aspekte.

Hipnose

Wat is hipnose nou eintlik? Die antwoord gaan verskil afhangend van wie jy vra. Die rede hiervoor is dat hipnose baie konteks gedrewe is, dus gaan die definisie verander wanneer die konteks verander. Nog 'n uitdaging met die definisie is dat verskillende skole verskillende maniere het om mense te hipnotiseer. Die belangrikste is dat jy moet verstaan dat dit "iets" is wat jy tot jou voordeel kan gebruik, hetsy dit is vir persoonlike verandering of vir vermaak.

Een ding is wel seker, hipnose is 'n leerproses. Hoe meer gereeld mens hipnose doen/beoefen hoe beter raak 'n mens daarmee. 

Jaco Pieterse

Jaco Pieterse 

My definisie van Hipnose: "Hipnose is 'n kommunikasie proses met daardie deel van 'n mens wat verantwoordelik is vir 'n mens se outomatiese reaksies en gedrag as ook emosies, gewoontes en oortuigings.".


Baie mense verwys na die deel as 'n mens se onderbewussyn.

Hipnose kan beskryf word as ’n leerproses waar ons leer om die interne prosesse en reaksies wat outomaties gebeur te beheer en verander.

Gedurende die proses is 'n mens heeltyd by jou bewyssyn en jou verstand neem aktief deel.  Jy hoor alles wat gesê word en jy onthou net soveel soos wat 'n mens van ’n gewone gesprek onthou, tensy daar anders voorgestel word en jy die voorstel aanvaar. Instede daarvan dat 'n mens beheer verloor,  leer 'n mens om beheer te neem van aspekte wat gewoonlik buite ons beheer is.

Ons tree hipnose binne deur die kritiese fakulteit (filter) van ons bewussyn te omseil en dan direk met die onderbewussyn te kommunikeer. Jou onderbewussyn is daar om jou te beskerm en wil slegs die beste vir jou hê en daarom sal jy nie enige geheime verklap of dinge doen wat teen jou wil of standaarde is nie.

Baie keer vra mense vir my hoe hipnose voel, maar die ding is, daar is nie een spesefieke gehipnotiseerde gevoel nie. Vir party mense is dit ’n swaar sinkende gevoel en vir ander ’n ligte sweef gevoel en ander voel weer absoluut niks. Hipnose is 'n persoonlike ervaring wat elke persoon op sy eie manier ervaar. 'n Mens hoef nie anders te voel wanneer 'n mens gehipnotiseerd is nie.

Hipnose is daardie outomatiese proses wat ons doen sonder om daaroor te dink.  Voorbeelde van alledaagse hipnotiese oomblikke is: 1. Waar 'n mens besig is om te bestuur en dan lekker dagdroom en skielik agterkom dat jy by jou bestemming is, of dat jy jou afrit gemis het. 2. Wanneer jy jou so in 'n film inleef en jy weet dit is net akteurs wat 'n verhaal  uitbeeld, maar wanneer dinge lelik skeefloop vir die hoofkarakter is jy nogsteeds hartseer. 3. Wanneer jy jou so inleef in 'n 3d film en vir 'n projektiel, wat nie die skerm kan verlaat nie, koes.

Hipnose is 'n baie natuurlike proses wat jy in elkgeval doen. Leer nou net hoe om dit beter te doen en tot jou voordeel te gebruik!